southafricanlisted, local and safe classifieds market in india.
States
For Sale
Real Estate
Jobs

GUITAR LESSONS FOR THE WHOLE FAMILY in Swellendam, Western Cape for sale

GUITAR LESSONS FOR THE WHOLE FAMILY

Beskrywing
GEWONE KURSUS - GRD 4 - VOLWASSENES
Die beginners kitaarkursus bestaan uit audio-visuele lesse. Dit beteken dat die hele kursus saamgevat is in leesbare dokumente met volledige illustrasies en foto?s. Verder is alle dokumente en liedjies ook opgeneem en kan dus geluister word, terwyl jy saamvolg.
Die kursus bestaan uit 6 lesse en elke les het 2 liedjies vir die betrokke les. In elke les word ?n nuwe musiek sleutel aangeleer. Let wel dat hierdie kursus jou nie leer musieknote lees nie, maar dat jy wel die kitaar akkoorde en drukke aanleer. In elke les word basiese musiek beginsels en inligting bespreek.
Hierdie kursus is ook in Engels beskikbaar.
KLEUTER KURSUS GRD R - GRD 3
Wil jou kleinding van Grd. R- Grd. 2 graag leer kitaar speel, maar hy/sy kan min of glad nie lees nie?
Ek het ?n kitaar kursus saamgestel spesiaal vir die outjies! Ek maak gebruik van prentjies en assosiasies om die drukke vir hulle te leer en verder maak ek staat op hul geheue om die patroon van die drukke te memoriseer. En sodoende leer hulle die liedjies speel. Mamma of Pappa is nodig om bietjie leiding te gee en kan sodoende sommer saam met kleinding leer. Dit is ideaal om kwaliteit-tyd saam met jou kind te spandeer en jy het geen musiek agtergrond nodig nie. Op die CD gaan ek stap-vir-stap die les en liedjies met hom/haar deur en sodra kleinding kan lees, is die uitgedrukte lesse in die ?flipfile? om self daardeur te lees en te speel.
HIERDIE KURSUSSE IS REGTIG NIE MOEILIK NIE ? DAAR IS NIE ?N MAKLIKER KURSUS OP DIE MARK NIE!
Laai gerus Les 1 van albei kursusse gratis af van my webblad: http://www.guitar4kids.com

>> Click here to search for more - Music instruments in Western Cape